nuwe inskrywings vir 2026 open 28 november 2025
Meer oor ons
By Praktica Kids glo ons dat elke kind spesiaal is… en dat elke middag ’n kans is om groot dinge te leer, selfs al begin dit met ’n heerlike middagete en ’n glimlag.
Huiswerk is by ons ’n topprioriteit, want ons glo dat goeie studiegewoontes selfvertroue bou en kinders help om hul volle potensiaal te bereik.
Ons is trots gevestig in Risiville, net om die draai van Laerskool Risiville, wat beteken: geen stres vir ouers nie en beslis geen haastige draaie in verkeer nie. Ons betroubare bussie sorg dat jou kind veilig by ons aankom én betyds by al hulle aktiwiteite uitkom.
Ons Tye
Waar leer en lag saam Kom
Skoolkwartale:
Maandag – Vrydag
13:00 – 17:30
Vakansieprogram:
07:00 – 17:30
Ons is gesluit op openbare vakansiedae en oor Desembervakansie
Naskooltariewe
Ons hou dit eenvoudig & billik
Maandelikse fooie:
Gr RR & R: R1050.00 p/maand
Gr 1 – Gr 7: R1210.00 p/maand
2de kind: R50 afslag
Registrasiefooi:
R 300 (eenmalig)
Dag besoekers
R85 Gedurende skooltyd
R100 Gedurende Vakansie
Inskrywingsproses
Kom wees deel van ons naskoolfamilie!
Registrasies vir 2026 open 28 November 2025.
Klik op “Registreer nou” Om die Registrasie vorms af te laai.
By Praktica Kids Staan ons vas op...
Ons skep ’n veilige, liefdevolle omgewing waar kinders ná skool kan ontspan, huiswerk voltooi en aan prettige aktiwiteite deelneem. Ons moedig verantwoordelikheid, samewerking en selfvertroue aan, terwyl elke kind die ruimte kry om op sy of haar eie tempo te ontwikkel. Hier is dit nie net opvangtyd nie – dit’s groei-tyd!
Omgee
Ons skep ’n veilige en liefdevolle ruimte waar elke kind gesien, gehoor en waardeer voel. Hier is omgee die hart van alles wat ons doen.
Groei
Elke middag bied ’n kans om iets nuuts te leer – deur huiswerk, speletjies of samewerking. Ons help kinders om hulle volle potensiaal te bereik.
Respek
Ons leer kinders om saam te werk, respek te toon en trots te wees op hulself én ander. Dis hoe ons ’n sterk, vriendelike naskoolgemeenskap bou.
Ons gee regtig om